Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Marmite kaas skons
    Getoets en Foto: Springbok Kombuis

    Bestandele:
    250 ml Koekmeel
    10 ml bakpoeier
    4ml sout
    1 ml Rooipeper of gerookte paprika
    2.5 ml gedroogde oregano
    vars gemaalde swart peper
    250 ml gerasperde verouderde Cheddar kaas
    150 ml volroom melk
    60 ml karringmelk
    30 ml Olie. Verkieslik olyf olie
    Marmite glassuur (glaze):
    30 ml botter
    1 opgehoopte teelepel Marmite

    Metode:
    Voorverhit die oond na 200C en smeer 2 x 12 gaatjie muffinpanne
    Sif saam: sout meel paprika/rooipeper, gemaalde swartpeper, bakpoeier en oregano.
    Meng gerasperde kaas by.
    Met ‘n whisk meng al die nat bestandele goed in ‘n diep mengbak of beker. Gooi dit dan oor die meelmengsel en vou dit liggies in. Moet nie te veel roer nie want dan word die skons taai.
    Skep ‘n groot desertlepel vol deeg in elke muffin gaatjie.
    Bak vir 15 tot 18 minute tot goudbruin en deur gaar. Los in die muffin panne.
    Verhit die marmite en botter tot net gesmelt. Smeer of verf oor die skons in die panne.
    Haal uit en bedien warm met botter.