
MARMELADE.
Getoets en Foto: Wilna Nissen
So gemaak:
Sit ‘n aantal lemoene/suurlemoene deur ‘n versapper, skil en al maar sonder pitte.Weeg 1 kg van hierdie mengsel, die. sap, skil, ens. en gooi in pot.Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.Skep skuim af.Kook totdat mengsel dik genoeg is.Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel:
Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of ‘n mengsel van die twee.
Advies:
Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.Smaaklik eet!