
Mango Roomys
Getoets en Foto: Michelle Phol
Bestandele:
1x 397g-blik volroomkondensmelk
600 ml dik room
250 ml volroommelk
1-2 vanieljepeule, saadjies uitgeskraap (ek het nie gehad nie toe gebruik ek 1 teelp vanielja extrak)
Metode:
Klits die kondensmelk, room, melk en vanieljesaadjies in ’n groot bak tot goed gemeng. Giet in ’n geskikte houer, bedek goed en vries tot hard. Lewer 1,2 liter roomys. (ek het dit in die roomysmasjien gegooi en uit gehaal en in vrieskas gesit net voor opdiening.
Variasies
Mango Roomys:
Verpul sowat 500g gevriesde mango stukke.
Jy kan vars mango ook gebruik.
Ek verpulp sowat 400g en dan sny ek 100g fyn op sodat daar lekker heel stukkies tussen is.
Daarby kan jy bietjie strooisuiker gooi vir ‘n bietjie soetigheid of selfs heuning.
Ek gebruik die mango net so vind dat dit soet genoeg is vir die roomys.