Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Maklike Vinnige Skons..

    Geotoets en Foto: Malinda Nortje

     

    Ek sal hiedie reseppie enige tyd vir enigeen aanbeveel, dit is heerlik en het nie die gewone bakpoeier smaak wat meeste skons het nie.

    Hier kan ook verskillede variasies wees, bv...voeg gekapte pietersielie, sprietuie, gesipperde spek, fyn gekapte groen/rooipeper, na smaak by beslag....

     

    Bestanddele;

    2 koppies bruismeel

    Halwe teelepel sout

    2 eiers

    +- 1/2 tot 3/4 koppie melk

     

    Metode;

    Sproei kolwyntjie pan met Spray and Cook

    Voor verhit oond tot 180°C

    Klits eiers, meng met meel en sout en voeg melk bietjie vir bietjie by om beslag te vorm wat met lepel in kolwyntjie pannetjie geskep kan word....

    Beslag moet nie te slap wees nie...dws....dit moet nie afdrupvan lepel nie.

    Ba k in oond vir 15 tot 20 minute tot gaar....

    Sny oop, smeer met botter en vulsel na smaak.