
MAKATAAN-STUKKE..
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Stroop:
1kg suiker vir
1kg skil en 2litter water vir elke kg suiker.
Voeg :
50-60ml suurlemoensap, ‘n knippie sout en ‘n paar stukkies gekneusde gemmer by op elke 3kg skil.
Skil die makataan af, sny die groen van die skil af en ook die vleis dat mens net met die binne-skil sit.
Sny in lang repe en prik al die kante met ‘n vurk.
Sny in blokke.
Week laat 1 dag in die kalk water le – 25ml gebluste kalk of 45ml koeksoda op 5 liter water.
Spoel baie deeglik af en laat die stukke vir 2 ure in skoon water le.
Dreineer goed.
Sit ‘n groot kastrol op die stoof met water, en wanneer dit goed kook, plaas die stukke geleidelik in die kookwater, sodat die water die hele tyd kook.
Kook die stukke tot sag maar nie pap nie (mens moet ‘n stomp vuurhoudjie maklik in die kan indruk) dit neem ‘n goeie paar ure.
Kook jou stroop intussen en sodra jou stukke sag is pak hulle in die warm stroop en kook matig vinnig totdat dit helder is en die stroop dik.
Skep in warm droe flesse en verseel onmiddelik terwyl dit nog warm is.