Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Macaroni/Spaghetti Bolognaise.
    Getoets en Foto: Louisse Kruger
    Genoeg vir 2 Persone..
    Neem 'n mengbak om die bestanddele in te plaas.

    Bestandele:
    500 gram 3 kleurige Fusilli pasta.
    2 Opgehoopte eetlepelsvol tamatiesous(verkieslik All Gold).
    2 Opgehoopte eetlepelsvol Warm blatjang.
    Kerf 2 mediumgroot rooi uie.
    Kerf 1 groot of 2 klein groenpepers nie te dik nie.
    Neem 20 knopiesampioene en kerf in kwarte.
    Neem 2 mediumgroot deeltjies van 'n vars knoffelhuisie en rasper dit bo-oor.
    Strooi een teelepelvol borrie bo-oor.
    Strooi grofgemaalde swartpeper en grofgemaalde sout bo-oor en meng die bestanddele saam.

    Metode:
    Neem 'n swaarbodempan en bedek die bodem met Canola olie gemeng tesame met 'n eetlepelvol vars uitgedrukte suurlemoensap of Suurlemoengegeurde Avokadopeer olie.
    Strooi 'n bietjie grofgemaalde swart peper en grofgemaalde sout oor hierdie bestanddele.
    Meng die bestanddele goed deur.
    Verhit die olie nie teen 'n te hoë temperatuur nie en skep dan die gemengde bestanddele in die pan en bly deurroer totdat die bestanddele sag is.
    Skep die bestanddele uit in 'n bak en laat afkoel.
    Strooi weereens die Canola olie gemeng met een eetlepel vars suurlemoensap of Suurlemoen gegeurde Avokadopeer Olie in die bodem van die pan.

    Kook die pasta tot Al danté.
    Braai Metode:

    Braai die maalvleis in die pan met 'n vurk teen 'n nie te hoë temperatuur en strooi weereens 'n bietjie grofgemaalde swartpeper en bietjie grofgemaalde sout bo-or die maalvleis terwyl jy aanhou roer. Terwyl die maalvleis braai kerf 12 kersietamaties op en braai dit saam met die maalvleis.
    Sodra die maalvleis en kersietamaties gaar is skep 2 opgehoopte eetlepels Royco Beef en Groente soppoeier in 'n mengbak, voeg koue water by en roer goed deur met 'n vurk totdat die klonte weggeroer is.
    Voeg hierdie soppoeier vloeistof by die maalvleis en roer goed deur totdat dit op kookpunt is en stel die stoof temperatuur laer sodat die soppoeiermengsel nie vasbrand op die panbodem nie.
    Bedek die pan met 'n deksel of 'n glasbord en laat die maalvleis prut vir sowat 15 minute nadat dit alreeds gaar is sodat die soppoeiermengsel goed gaar kan word.
    Neem nou die pandeksel af en voeg die bestanddele nou by die maalvleis en roer goed deur.
    Voeg nog water by die mengsel indien die mengsel te dik is om dit bietjie te verdun.
    Roer weer goed deur net voor opdiening.
    Voeg 'n eetlepelvol margarien by die gaar pasta en meng deur.

    SKEP UIT IN DIEP BORDE.
    Bietjie van die vleismengsel heel eerste onder in die bord net genoeg om die bodem te bedek.
    Dan 'n laag pasta.
    Weer 'n laag van die vleismengsel ensovoorts totdat die borde vol is.
    Eindig met 'n laag vleismengsel bo-op.
    Rasper parmesan of enige kaas van jou keuse bo-oor.
    Geniet!