
Macaroni en kaas
(Getoets en foto: Louwna Schoeman)
1 pak macaroni
1 kg Topside maalvleis
Ui of twee
500-750 ml medium dik witsous
Eiers, afhangende van hoeveel mense gaan eet
Gerasperde kaas, soos julle verkies.
Braai ui en maalvleis en voeg sout en peper by. Jy kan enige iets bysit waarvan julle hou, bv sampioene. Kook macaroni. Maak witsous, almal weet hoe. In oondbak, in lae, macaroni dan maalvleis, weer macaroni en maalvleis. Maak holte vir eier, breek eiers oop. Strooi kaas oor dan witsous. Bak 40-50 minute tot bruin bo-op by 180° C. Bedien saam ñ heerlike slaai Eiers bak lekker gaar, en glo my, my mense eet agter die eiers aan. Witsous is om dit klam te hou. Ek moes altyd dit ipv van koek werk toe vat as ek verjaar. Dan eet ons dit vir ontbyt sodra ek by werk kom.