
MAALVLEIS POFFERTJIES
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
250g Gaar maalvleis
Klits saam :
3/4 Koppie Melk
3/4 Koppie Olie
2 Eiers
1 Koppie Meel
3 Teelepels Bakpoeier
1/4 Teelepel Sout
1 Teelepel Aromat
Metode:
Deeg moet bietjie dikker wees as pannekoek deeg.
Spuit Kolwyntjie pan.
Skep lepelsvol deeg onder in pan.
Skep dan maalvleis bo op die deeg en dan weer deeg bo op maalvleis.
Bak teen 180° vir ongeveer 15min of tot ligbruin bo op.