
Lewer Koekies..
Getoets en Foto: Len Nissen
Die resep is oor die 50 jaar oud.
Dit was 'n resep van Esmé en Jan op die destydse So maak mens! Die resep is 'n groot sukses.
Bestanddele:
1kg gemaalde lewer (skaap, bees of volstruis)
4 groot aartappels, gerasper
2 uie, gerasper
2 eetlepels asyn
1 koppie koekmeel, gesif
2 eiers
6 teelepels bakpoeier
Sout en pepper na smaak
Metode:
Meng alles goed saam.
Maak koekies en bak in 'n bietjie olie.
Dit vries baie goed.
Lewer ongeveer 50 koekies