
Lekker stoofplaat Maalvleis Bolletjies.
Getoets en Foto: Penny De Villiers
Bestanddele:
500 g maermaalvleis
1 ui
1teelepel tiemie
1teelepel fynknoffel
bietjie speserye
skeut worstersous
so halwe pakkie bruinuiesop poeier
1teelepel Ina Paarman se Knoffel en Roosmaryn geursel
sout en pepper na smaak
Metode:
Meng alles saam rasper ui in die maalvleis mengsel...
Kyk dat jou maalvleis nie te droog is nie ..
Moenie al die soppoeier gebruik ..
Maak bolletjies plaas in pan met bietjie water in..
Laat kook op stoofplaat..
Sit my stoof op 4 dan kook hulle nie stukkend nie. Meng so bietjie souspoeier en mazina en voeg by vir sousie ...
Geniet met kapokaartapels en mengelslaai...