
Lekker Potjiekos..
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Lekker om tuis te maak met load shedding of heerlik onder die sterrehemel wanneer jy kamp.
Bestanddele:
150 g vark blokkies
150 g skaapvleis in blokkies
150 g beesvleis in blokkies
1 kop brocollie (in boompies gebreek)
1 kop blomkool (in boompies gebreek)
3 wortels (in skywe gesny)
2 groot uie (in stukke gesny)
4 medium aartappels in kwarte gesny of 8 klein potjie aartappels)
6 Baby marrows (in stukke gesny)
Metode:
Braai vleis in olie om vleis te seel.
Gooi sout en peper oor en braai vir 5 min.
Gooi al die groente by.
Gooi 1 1/2 k water by.
Voeg sout en peper na smaak by.
Sit deksel op en kook vir plus minus 1 tot 1/2 uur op gasplaat of op vuur in dikboom kastrol of 3 poot potjie.
Maak 3 e bisto aan met 2 e maizina en 2 k water
Gooi oor groente sodra sag genoeg en simmer vir 7 min.
Skep op en geniet..