
Lamsvleis Ertjiesop
Getoets en Foto: Adri Steenkamp
Bestanddele:
½ pakkie droëe ertjies
½ pakkie soup mix,(ek gooi dit dan in n sif en was dit af)
2 medium opgekapte uie
600g kook lamsvleis ontbeen
3 pepper korrels
1 naeltjie,
Metode:
Sit al die bestanddele in n lekker groot pot,vul pot met genoeg water,todat jy dink dit is genoeg.
Dan voeg ek mixed herbs, sout by die sop.
Kook dan tot die vleis sag is.
Roer die sop tussenin dat dit nie vasbrand nie.
As die vleis sag is voeg dan:
1 geskilde wortel
1geskilde groot aartappel
1 medium geskilde patat, nadat dit afgewas is,net so heel by die sop.
Wanneer die groente sag gekook is,haal dit uit die sop en mash met n masher.
Haal die sop van die hitte af en mash dan die vleis ens in die pot,voeg dan die gemashde groente by en mash weer saam,roer goed.
Stel stoofplaat laer.
Meng n pakkie bruin uie sop met n bietjie water en voeg by die sop,roer goed en laat prut verder,so vir nog so 15min.
As sop nog peper en sout nodig het gooi by en meng goed.
Dien op en eet soos op foto n garlic broodjie daarby of kaasrolletjies of net n gesondheidsbroodjie daarby.