
Lam en vark sosaties
(Bron en foto: Huisgenoot)
MARINADE
30 ml (2 e) olie
2-3 groot uie, in groot stukke gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml (3 e) matige kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
2 ml (½ t) fyn koljander
1 ml (¼ t) rooipeper
3 lourierblare
15 ml (1 e) gerasperde gemmerwortel of 5 ml (1 t) fyn gemmer
45-60 ml (3-4 e) appelkooskonfyt
250 ml (1 k) wynasyn
500 ml (2 k) melk
SOSATIES
1,5 kg beenlose lamsvleis, in blokkies van 25mm gesny
1,5 kg beenlose varkvleis, in blokkies van 25mm gesny
50 droë appelkose
250 g spekvleisrepe, gehalveer en opgerol
20 piekeluitjies, gehalveer
-
Marinade Verhit die olie en braai die uie en knoffel daarin tot sag.
-
Voeg die kerrie by en meng deur. Voeg die res van die bestanddele behalwe die melk by. Laat 10 minute prut. Laat afkoel en voeg die melk by.
-
Sosaties Plaas die vleis in ’n nie-metaalbak en giet die marinade oor. Laat oornag marineer.
-
Ryg die vleis afwisselend met die appelkose, spekvleis en uie op sosatiepenne. Moenie te styf teen mekaar pak nie.
-
Braai op matige kole tot gaar. Draai gedurigo m en wees versigtig dat jy dit nie tot oorgaar braai nie.