Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Krakerige gebraaide “Blommetjie uie”
    Getoets en Foto: Len Nissan

    Bestandele:
    2 groot bruin uie
    4 eiers
    ½ (125ml) koppie melk
    1 ½ koppie (375ml) koekmeel
    ½ (125ml) koppie mielieblom (maizina)
    1 eetl (15ml) sout
    ½ t borrie
    1t paprika
    Olie om in te braai, genoeg om die uie halfpad te bedek.

    Metode:
    Maak die uie skoon sonder om te sny.
    Sny die toppies van die uie af ….die wortel kant van die uie kan skoon gemaak word met die mes maar moet nie verwyder word nie. Dit hou die”blommetjie” aan mekaar.
    Sny nou met ‘n skerp mes van die afgesnyde puntjie se kant die uie in kwarte net tot voor die wortel verdikking. Sny nou weer tussen die kwarte sodat die uie van bo tot amper onder in 8 skyfies gesny is. Buig nou die “Blare” van elke skyfie oop sodat die uie amper heeltemal oop is soos ‘n blom.
    Verhit die olie op matige hitte.
    Klop die melk en eiers saam in ‘n bak.
    Meng die droë bestanddele in ‘n ander bak.
    Doop nou een ui op ‘n slag in die eiermengsel totdat die ui binne en buite bedek is.
    Plaas nou die ui in ‘n bord en sprinkel meelmengsel binne en buite goed bedek is met meel.
    Herhaal weer die doop in die eiermengsel en dan meel.
    Herhaal met ander ui.
    Plaas beide uie in die warm olie met oop kant eerste vir so 5 minute, draai om en braai wortel kant weer vir 5 minute. Draai nou weer om en braai “oop kant” vir 2 minute tot goudbruin.
    Bedien warm.
    Nogal lekker saam met ryk cheddar kaassous of ‘n blou kaas sous.
    Variasies: Spicy salsa sous, Suur room, krakerrig gebraaide Spek stukkies en gerasperde kaas.
    Die opsies is eindeloos. Gebruik jou verbeelding. Kan ook gebruik word vir ‘n voorgereg met die doopsouse soos kaas of avokado sous.