KORSLOSE KAASTERTJIES
Getoets en Foto: Springbok Kombuis
Bestandele:
15ml botter of margarien
6 eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas
2 tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie
1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap
Medtode:
Voorverhit die oond tot 180C.
Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien.
Meng alles goed saam. Smeer 'n muffin pan en skep mengsel daarin .
Bak tot ferm en goudbruin
