Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Konfyt tertjies
    Getoets en Foto: Wilna Nissen
    Maak 60 Tertjies

    Bestanddele:
    4 x 250 ml (4 k) koekmeel
    knippie sout
    340 g botter
    250 ml (1 k) kookwater
    appelkooskonfyt
    eiergeel en ’n bietjie melk, geklits

    Metode:
    Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n paar bakplate met kossproei.
    Sif die meel en sout saam. Smelt die botter in die kookwater en meng by die meel en sout. Vorm in ’n bol, bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 4 uur.
    Rol die deeg dun uit en druk sirkels uit. Pak die sirkels op die bereide bakplate.
    Skep ’n klein bietjie appelkooskonfyt op die een helfte van elke deegsirkel.
    Verf die kante met water.
    Vou die ander helfte oor en druk die kante met ’n vurk vas.
    Herhaal met al die tertjies.
    Verf die tertjies liggies met die eiermelk en bak 25-30 minute of tot goudbruin.
    Laat afkoel op ’n draadrakkie.
    Bêre in ’n lugdigte houer.