
Kolwyntjies (Cupcakes)
(12 kolwyntjies)
Getoets en foto: Springbok Kombuis
Bestandele:
3 eiers
175 g (210 ml) strooisuiker
175 g (315 ml) bruismeel
175 g (190 ml) botter teen kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel
Metode:
Verhit oond tot 180 °C. Voer kolwyntjiepannetjies uit met papierbakkies en spuit met kleefwerende sproei. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits vir 3 – 4 minute. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier.
Basiese Vanilla Versiersel:
(vir 12 kolwyntjies)
500 g (545 ml) sagte botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
10 ml vanieljegeursel
Plaas botter in elektriese menger se bak en klits tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute.
Voeg versiersuiker en geursel by.
Meng goed.
Versier afgekoelde kolwyntjies hiermee.