Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Kerrievis
    Getoets en Foto: Wilna Nissen
    1 groot stokvis, snoek, geelbek of varswatervis

    Kerriesous:
    5 ml fyn knoffel (opsioneel)
    1 lourierblaar
    750 ml bruin wynasyn
    30 ml matige kerriepoeier
    5 ml borrie
    15 ml gemengde speserye
    3 ml elk gemaalde gemmer en kruienaeltjies
    2 ml gedroogde tiemie
    3 ml rooipeper
    5 ml paprika
    250 ml suiker
    250 ml wit wyn (die goedkoper soort werk ook goed)
    5 ml matige mosterdpoeier
    15 ml sultanablatjang
    5 ml sout
    65 ml fyn appelkooskonfyt
    4 groot uie, in ringe gesny

    Stel oond op 180°C.
    Maak die vis skoon, sny in kleinerige mote (nie te groot nie) en geur met sout.
    Plaas in 'n oondpan met 'n bietjie olie en bak bruin aan albei kante, sowat 30 minute.

    Vir die Sous:
    Plaas al die bestanddele vir die sous, behalwe die uie, in 'n groot emaljekastrol en roer tot kookpunt.
    Laat prut 5 minute tot goed deurgekook. (Indien verkies, verdik met sowat 7 ml mielieblom opgelos in bietjie koue water.)
    Rangskik 'n enkellaag vis in 'n plat glas-, emalje- of keramiekbak, skep 'n laag uie bo-op, gevolg deur 'n laag kerriesous.
    Herhaal tot die bestanddele opgebruik is.
    Laat afkoel, plaas in die yskas tot heeltemal koud en bedek.
    Laat sowat 3 dae staan voor gebruik.
    Hoe langer die vis in die yskas bly, hoe beter die geur.
    Dien op as hoofmaal met lekker brood, botter en korrelkonfyt.
    Dit kan op sy eie 'n heerlike ligte ete wees.