Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Kaaswors omelet

    Bron en foto: Huisgenoot resepte

     

    VULSEL
    4 repies spek,
    grof gekap
    2 kaasbraaiworsies, in skyfies gesny
    125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
    2 stingeluie, gekap
    WITSOUS
    25 ml (5 t) botter
    1 ui, fyn gekap
    25 ml (5 t) koekmeel
    200 ml melk
    sout en pas gemaalde peper
    OMELET
    4 eiers
    60 ml (¼ k) melk
    sout en pas gemaalde peper
    15 ml (1 e) botter

    • Vulsel Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die worsies by en roerbraai ’n paar minute. Skep uit en hou eenkant.

    • Witsous Verhit die botter in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Roer die meel en dan geleidelik die melk by. Laat prut tot verdik en geur met sout en peper.

    • Omelet Klits die eiers en melk en geur met sout en peper. Verhit die botter in ’n pan, skep die helfte van die eiermengsel in en bak 2 omelette (sien onder). Herhaal.

    • Smeer van die witsous op elke omelet en versprei van die worsmengsel, kaas en stingeluie bo-op. Vou toe en sit dadelik voor.

    Maak so ‘n omelet Smelt die botter in ’n kleefvrye pan en giet die eiermengsel in. Lig die kante van die omelet en wag tot dit borrel Draai dan omen bak ’n paar sekondes