
Kaassous
Die kaassous word van ʼn basiese witsous gemaak en dis makliker as wat jy dink. Die geheim is om te keer dat klonte worm – ek doen dit met ʼn ballonklitser.
60 g (60 ml) botter
65 g (60 ml) koekmeel
400 ml warm melk
120 g sterk cheddarkaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Stap 1. Plaas botter in ’n kastrol en laat smelt oor lae hitte.
Stap 2. Verwyder van hitte en voeg meel by. Roer baie goed tot ’n gladde pasta vorm.
Stap 3. Plaas terug op stoofplaat en voeg die warm melk by terwyl jy heeltyd roer met ’n ballonklitser om klonte te voorkom.
Stap 4. Hou aan roer tot die sous verdik het – dis die basiese witsous. Voeg nou die gerasperde kaas by en roer goed tot kaas gesmelt het. Geur die kaassous met sout en peper.