Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Kaas-en-Spekvleisbroodjie
    Getoets en Foto:Springbok Kombuis(Len Nissan)

    Bestandele:
    8 repe streepspek, gebraai & fyngekap
    250ml bruismeel    
    10ml botter    
    150ml melk    
    15ml Worcestersous
    knippie sout
    200ml kaas, gerasper
    15ml tamatiesous

    Metode:
    Voorverhit die oond tot 200°C.  Bespuit 'n bakplaat.  
    Sif die bruismeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.  
    Voeg die kaas en spekvleis by en meng liggies.  
    Meng die melk, tamatiesous en Worcestersous saam en voeg by die droë bestanddele.  
    Meng liggies tot net gemeng en vorm in 'n sirkel op die bakplaat.  
    Bak 20-25 minute lank of tot gaar.  
    Dien warm op saam met botter en kaas.