
In die Oond Geroosterde Biefstuk..
Foto en Resep: Malinda Nortje
Net goeie gehalte vleis wat goed rypgemaak is, kan met sukses op hierdie malike manier gaar gemaak word.
Benewens kruisskywe kan T-beeskywe, klubskywe, entrcote-of filetskywe gebruik word. Die keuse is ruim.
Bestanddele:
6 skywe biefstukke wat elk 2,5cm dik gesny is
15ml (1e) karwysaad
2ml (½t) growe swartpeper
7ml (1½ t) paprika
7ml (1½ t) sout
5ml (1t) suiker
15ml (1e) botter of margarien
15ml (1e) sonneblomolie
Sous:
30ml (2e) brandewyn
125ml (½k) biefaftreksel
125ml (½k) room
Metode:
As die skywe biefstuk vetrande het, sny die elk 2,5cm in om te voorkom dat dit tydens die gaarmaak proses omkrul.
Stamp die karwysaad en swartpeper saam in n vysel fyner.
Meng dit met die paprika, sout, en suiker.
Vryf die mengsel al kante in die vleisskywe in.
Plaas dit op die rakkie van n oondbraaipan en sit dit vir 10 minute opsy.
Verhit die oondrooster (boonste element) 10 minute lank en plaas die oondrak so dat die vleis 20cm van die element af gaan wees.
Smelt die botter of margarien en voeg die sonneblomolie by.
Bedruip die vleis met die helfde van die mengsel.
Rooster die vleis 6-7 minute lank van elke kant of totdat dit na smaak gaar is.
Bedruip dit met die res van die oliemengsel elke keer wanneer die omgedraai word.
Plaas die gaar vleisskywe op die warm dienbord.
Meng die panbraaisel, brandewyn en biefaftreksel.
Damp dit af todat dit die helfde minder is.
Roer die room by, indien nodig.
Skep die sous oor die vleis en sit dadelik voor..