
Hutspot met Kluitjies...
Getoets en Foto: Malinda Nortje
Stowevleis:
1,5 Kg Beenlose beesblad
50ml (3e) Koekmeelblom
2 Groot uie
125ml (½k) Sonneblomolie
500ml (2k) Biefaftreksel
5ml (1t) Gemengde kruie
5ml (1t) Sout
1ml (¼t) Peper
Metode:
Sny die beesvleis in stukkies en strooi die koekmeel daaroor.
Skil die uie en sny in dikkerige skywe.
Braai eers die vleis bietjie gewys in die sonneblomolie in n platboom-gietysterpot tot bruin en braai daarna al die uie tegelyk in dieselfde olie ook tot mooi bruin.
Plaas vleisstukkies terug in die pot op die uie en voeg die beef aftreksel, kruie, sout en peper by.
Sit deksel op en stowe die vleis oor magtige hitte tot sag.
Voeg n bietjie kookwater by, wanneer nodig en roer dit af en toe.
Sorg dat daar teen die end baie sous is vir die kuitjies om gaar te word.
Kluitjies:
Bestanddele:
200g Koekmeelblom
15ml Bakpoeier
2ml Sout
30ml Botter of margarien
200ml Melk
50ml Gekapte Pietersielie
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Frummel die botter en margarien daarby in.
Voeg die melk by en meng die bestanddele to n slap deeg.
Skep teelepels vol daarvan in die sous tussen die vleis.
Strooi die pietersielie oor.
Sit die deksel op en laat die kluitjies 15-20 minute lank oor n lae hitte gaar word.
Sit die gereg vuurwarem in die pot voor..