Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Hoenderlewer Peri-Peri

    (Bron en foto: Springbok Kombuis)

     

    2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak

    3 middelslag uie, in ringe gesny

    Vars gemaalde seesout, Vars gemaalde swart peper, Gedroogde knoffel

    vlokkies.

    Peri-Peri

    +/- 1/2 koppie Sonneblomolie

    2 Eetlepels Bisto

    300-350 ml Water

    1/2 koppie Perskeblatjang

     

    Gooi die olie en so 1/2 koppie peri-peri in 'n braaipan en soteer die uie

    daarin.

    Geur intussen die hoenderlewers met sout, peper en knoffel.

    Sodra die uie deurskynend begin raak voeg jy die hoenderlewers by en

    roerbraai tot gaar.

    Maak die Bisto aan met die water en voeg blatjang by.

    Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker dik is.

     

    Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam

    met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.