Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    HOENDER SOSATIES
    Getoets en Foto: Wilna Nissen

    Bestanddele
    500g -hoenderborsies
    sout na smaak
    12 droe appelkose, in sjerrie geweek vir 15 min
    1 groot groen soetrissie
    1 groot ui
    8-12 sampioene


    Marinade:
    150 ml kookolie
    20ml aangemaakte mosterd
    20ml Worcestersous
    15ml sojasous
    10ml suurlemoensap
    3ml suurlemoenpeper

    Metode:
    Klits al die bestanddele vir die marinade saam in 'n glas of erdehouer.
    Week die appelkose n uur in net genoeg vloeistof om te bedek.
    Dreineer.
    Sny ui in kwarte en breek in stukke.
    Verwyder die sampioene se stingels en gooi kookwater oor - dit sal die sampioene sag maak.
    Ryg voorbereide bestanddele op sosatiestokkies en marineer vir 18-24 uur in koelkas.
    Dreineer en rooster oor matige kole tot vleis gaar is.
    Bedrup met marinade terwyl gebraai word.
    Vries baie lekker tot jy dit benodig om gaar te maak