
Hoender en Sampioen Gereg.
Getoets en Foto:Springbok Kombuis
Bestandele:
4 - 5 hoenderborsies
1/2 green pepper
1/2 red pepper
1 pakkie vars sampioene
Sout en peper na smaak
1 pak macaroni (kook tot effens sag)
Kook hoender met sout en peper na smaak tot sag.
Sny in blokkies
Sny rooi en groen peppers in klein blokkies
Kerf sampioene
Braai peppers en sampioene tot effens sag.
Maak witsous van die volgende:
30ml Botter of Margarine
30ml Koekmeelblom
1ml Sout
200ml Melk
´n Knippie Pepper
Metode:
Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte of oor kookwater.
Roer die koekmeelblom, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
Voeg die melk drupsgewys be en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.
VARIASIES VAN WIT SOUS:
Dik witsous: Volg die resep vir witsous, maar gebruik 45ml botter en 45ml koekmeelblom
Dun witsous: Vplg die resep vir witsous en gebruik 310ml melk en 2,5ml sout.
Kaassous: Voeg 190ml gerasperde kaas by die basiese witsous en verhit tot die kaas gesmelt is.
Meng alles deurmekaar.