Heerlike Beefmaalvleis Lasagna met Witsous.
Getoets en Foto: Anneline Schwarts
Bestanddele:
Witsous:
50 g botter
50 g meel
500 ml melk
Vulsel:
500 g beefmaalvleis
parmesaan of gerasperde chedder kaas of mozarella
1 koppie geblikte tamatie puree
2 wortels in blokkies gesny
1 seldery in blokkies gesny
1 ui gekap
1 koppie hoender aftreksel
1 koppie droë witwyn
olyfolie
sout peper
tamatiesous
Metode:
Witsous lasagne:
Smelt botter en meng dit met meel en melk tot gladde witsous.
Vulsel vir lasagne:
In ‘n pan, braai ui, wortel en seldery in olyfolieVoeg beefmaalvleis, wyn, hoender aftreksel, tamatie puree, sout en peper by.
Laat kook vir sowat 10-15 minute tot dikkerige mengsel raakIn ‘n bak, begin met die lasagna velle , dan is die vleismengsel, dan die wit sous en dan ‘n bietjie tamatiesous.
Gooi ‘n klein bietjie kaas oor.
Herhaal lae en eindig af met die witsous, tamatiesous en kaas.
Laat staan vir tenminste 1 uur sodat velle vog kan trek
Bak by 200 grade C vir sowat 30/40 minute of tot gaar en goudbruin.
