
Hawermout Lekkers met Sjokolade
Getoets en Foto: Petro Nel Erasmus
Bestandele:
500 ml Suiker.
125 ml Melk.
125 ml Kakao.
60 ml Botter of Margarien.
250 ml Klapper.
5 ml Vanielje essens.
750 ml Hawermout.
Metode:
1. Kook eerste 4 bestandele vir 5 minute lank saam.
2. Verwyder van hitte en voeg die laaste 3 bestandele by en meng vinnig.
Skep lepels Vol op waspapier of op gesmeerde pan en laat koud word.
My manier.!!!
Ek rol dit gewoonlik in balletjies en rol dan weer in klapper.
Geniet dit.