
Growwe Karringmelk Beskuit
Getoets en foto: Springbok Kombuis
Bestandele:
500 g botter of margarien
2 k bruinsuiker
1 kg bruismeel
2 t bakpoeier
2 ml sout
2 k spysverterings semels
3 k all bran
1/2 k pitlose rosyne
200 ml fyn gemaakte neute of sonneblom saad
2 eiers
2 k karringmelk
Metode:
Verhit oond tot 200 C en smeer panne.
Smelt botter en suiker saam tot suiker opgelos is
Meng die melk en eier liggies
Sif die meel , bakpoeier en sout en gooi die res van die droe bestanddele by.
Meng die afgekoelde botter en suiker oplossing met melk en eier oplossing en gooi oor droe bestanddele
Meng goed met die droe mengsel
Skep in panne en laat staan vir 5 min
Bak vir 1 uur
Sny in stukke en droog dit oornag teen 80 C