
Groente Kebab Stokkie..
Getoets en Foto: Debbi Steinmann
Lewer 6 Porsies
Bestanddele:
4 murgpampoentjies, dik skywe gesny
1 rooi soetrissie, onpit en in blokkies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
6 klein aartappeltjies, vel verwyder en gaar
Marinade:
90ml (6e) olie
5ml (1t) suurlemoensap
15ml (1e) heuning
2,5ml (½t) sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
2,5ml (½t) droe gemengde kruie
Knippie sout en peper
Metode:
Stel oond op 180º C.
Groete:
Ryg groente op sosatiestokkies
Marinade:
Meng bestanddele vir marinade en smeer met kwassie oor groete.
Siit in die oond vir 30 minute of tot groete gaar is.
Draai van tyd tot tyd om en smeer weer van marinade bo-oor.
Kebab word dan bedien bo-op FILO DEEG wat uitgerol is soos n blaar..