
Groente “Hotpot”
Getoets en Foto: Len Nissen
Hierdie gereg het ek gemaak en verander soos ek aangegaan het.
Die idee kom van verskeie “Hotpots” wat hulle maak hier in die UAE.
Toevallig het ek die klein bakkies gehad waarin ek hierdie gemaak het, hulle verkoop Biryani daarin en ook natuurlik hotpots.
Jy kan enige klein oondvaste bakkies gebruik.
Die vulsel bestaan uit enige kombinasie kosse wat jy van hou.
Hierdie een was groente en vis in witsous. Maar jy kan ook ‘n vulsel van jou keuse in sit. Iets soos hoender kerrie en rys?
Bestanddele:
2 koppies gevriesde Brussel sprouts
1 koppie Broccoli
2 koppies wortels in ringe gesny
1 groot Ui in ringe gesny
100 g gerookte vis (Haddock) gesny in klein blokkies
200g Hake of enige vis filet gesny in klein blokkies
Sous:
2 eetl Botter
3 eetl koekmeel
2 koppies melk.
Sout en peper
1 teel mostert
Metode:
Maak ‘n wit sous deur botter te smelt, meel in te roer en dan geleidelik melk by the voeg terwyl jy roer met ‘n draadklitser “whisk” tot glad en goed gemeng
Voeg dan al die ander bestanddele by en roer goed.
Laat prut op die stoof terwyl skons deeg gemaak word.
Skons deeg:
500 g bruismeel
1 kop room
330 ml blikkie sodawater, Of Sprite as jy soet skons wil he
sout
1 Eier
Meng alles liggies tot ‘n slap deeg.
Gooi groente mengsel in 4 bakkies
Smeer skons deeg bo oor so 1cm dik
Klits eier en smeer op deeg.
Metode:
Bak vir 35 minute of tot skons gaar is in 180 C oond
Oorblywende skons kan op ‘n bakplaat as bygereg gaar gebak word in dieselfde oond.