
Groenboontjie-bredie..
Getoets en foto: Michelle Pohl
Bestandele:
500-750g skaapnek in skywe gesny,
15ml koekmeel,
15ml olie,
2 uie fyn gekap,
200-250ml vleis aftreksel,
sout en peper,
1kg groenbone gehalfeer,
250g aartappels geskil en in kwarte gesny
1 tamatie (opgesny in blokkies) (opsioneel)
en 15ml suurlemoensap.
Speserye na smaak.
Metode:
Rol vleis in meel en braai bietjies gewys in verhitte olie tot goudbruin.
Soteer uie in dieselfde kastrol tot sag (ek voeg 1gekneusde knoffelhuisie by).
Skep vleis terug in kastrol en giet warm aftreksel bo-oor.
Geur as nodig volgens smaak.
Voeg bone, aartappels en suurlemoensap by en meng.
Plaas deksel op.
Verlaag hitte en prut tot vleis sag is so 1-2ure.
Roer deur en bedien saam met rys.