
Griekse Oondgebraaide Groente..
Getoets en Foto: Michelle Phol
Bestanddele:
1 Klein Eiervrug, in blokkies gesny
3 Geelwortels, skoon geskrop en in stukke gesny
700g aartappels skoon geskrop ( ek het sommer die baba aartappels gebruik)
2 Geel soetrissies ontpip en in stukke gesny (ek het 1 geel en 1 groen gebruik)
4 tamaties ontpit en in stukke gesny of 250g klein Roma-kersietamaties
2 uie geskil en in stukke gesny
8 Knoffelhuisies geskil
80 ml Water
60 ml Olyfolie
5 ml Orego
Sout en peper na smaak.
Metode:
Die groente word aanvanklik bedek gaar gemaak voor dit by ‘n hoe temperatuur verder gebak word tot dit effens begin verdonker en lekker bros is.
Plaas die eiervrugblokkies in ‘n vergiettes, sprinkle sout oor en laat minstens 15 min lank staan.
Spoel a fen drukdroog.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas al die groente in ‘n oondvastebak.
Giet die water oor e nook die olyfolie.
Sprinkle orego oor en geur met sout en peper.
Bedek met aluminiumfoelie en bak 30 minute lank in die voor verhitte oond tot die groente gaar is of net net sag is.
Verhoog die temp na 225 °C, verwyder die foelie en bak tot die groente effens verdonker en bros is.