
Graanvlokkie Koekies.
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
750 ml graanvlokkies
560 ml koekmeel
125 ml suiker
1 ml sout
230 g botter of margarien
5 ml gerasperde suurlemoenskil
3 eiers (groot)
60 ml appelkoos konfyt
Metode:
Stel oond op 180°C.
Rol graanvlokkies fyn tot krummels.
Meng koekmeel, suiker en sout.
Voeg helfte van graanvlokkies by meelmengsel en meng dit deelglik.
Frummel die botter en suurlemoen skil en gooi by en meng.
Klits die eiers en meng met die meelmengsel tot sagte deeg.
Rol balletjies en rol dan in oorblywende krummels
Plaas entjie uitmekaar op bakplaat.
Druk holte in middel van koekie met steel van 'n houtlepel.
Maak holte vol appelkoos konfyt.
Bak koekies 15 - 25 min.