Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Gevulde Hoenders in Kerriesous

    Resep en Foto: Malida Nortje

    Die resep is vir twee hoenders wat met n kerrievulsel gestop en in n geurige kerriesous gaargemaak word.

    Dit is heerlik vir n spesiale ete. As jy die hoenders n dag voor die ete maak, kry die geure kans om beter te meng. Wanneer jy die volgende dag opgewarem word, is dit ekstra smaaklik.

     

    Jy benodig:

    2 heel hoenders van sowat 1,5kg elk

     

    Kerriesous:

    90 gm (100ml) botter of margarine

    2 kleinerige uie, gekap

    25gm (50ml) matige kerriepoeier (of meer na smaak)

    30ml koekmeelblom

    1el. Hoender aftreksel

    30ml sagte bruinsuiker

    30ml appelkooskonfyt

    5ml sout

    Sap van n ½ suurlemoen

     

    Rysvulsel:

    220gm (250ml) rou rys

    50gm (60ml) botter of margarine

    2 kleinerige uie, fyn gekap

    20ml matige kerriepoeier

     

    Metode:

    Maak hoenders goed skoon, ingewande, verwyder vetklier, oliepotjie.

    Was die hoenders in koue water en droog af met kombuispapier.

    Smelt die botter of margarine vir die kerriesous in n middelslag kastrol.

    Braai die uie 5 minute lank liggies daarin.

    Roer die kerriepoeier by en braai n verdere 5 minute.

    Roer die koekmeel by en daarna geleidelik die hoender aftreksel.

    Verhit die mengsel toe kookpunt, voeg die bruinsuiker, bladjang, sout en suurlemoensap by.

    Sir die kastrol deksel op en prut die sous n half uur oor baie lae hitte.

    Kook die rys vir die vulsel 5 minute lank vining in kokende water en dreineer.

    Smelt botter of margarine in n pannetjie; voeg die uie by en braai liggies tot sag.

    Roer die kerriepoeier by en en daarna die rys.

    Geur die vulsel met sout en roer goed deur.

    Skep die vulsel in die liggaams- en nekholte van die hoenders en werk of steek vas, want die rys gaan uitsit.

    Plaas die hoenders in n groot kasserol met n deksel.

    Gooi die kerriesous deur n sif oor die hoenders en sit deksel op.

    Bak die hoenders 3 tot 4 uur by 160°C die oond hoef nie vooraf verhit te word nie.

    Bedruip die hoenders af en toe met van die kerriesous in die kasserol terwyl hulle bak.