
Gemmervarktjops..
Foto en Resep: Malinda Nortje
Sny vooraf die oortollige vet aan die varktjops af en sny dit met swoerd en al in smal repies. Vries dit om later in boontjiesop of gestoofde groenboontjies te gebruik. n Mens kan ook die boud daarmee stop.
Bestanddele:
1 blik (385g) onversoete tert appelstukke
6 groot, dik varklendetjops
250ml (1K) gemmerlin of gemmerbier
15ml (1e) sagte bruin suiker
7ml (1½t) gemaalde gemmer
2ml (1t) mostertpoeier
5ml (1t) sout
1ml (¼t) growe swartpeper
30ml (2e) bruinsouspoeier
Metode:
Verhit die oond tot 160°C en smeer n groot genoeg oondbraaipan waarin die varktjops langs mekaar le.
Versprei die tertappelsstukke oor die boom van die pan.
Plaas die tjops langsmekaar op die appelstukke en giet die gemmerlin of bier oor.
Meng die bruin suiker, gemmer, sout, mostertpoeier en swartpeper.
Strooi die mengsel oor die tjops.
Bak die tjops onbedek ongeveer 1½ uur lank tot goed gaar en bedruip dit gereeld met die sous in die pan.
Skep die tjops uit sonder om te breek.
Giet gemmersous en appelstukke in n kastrol.
Plaas die tjops terug in die pan en rooster dit in die oond tot mooi bruin.
Verdik die sous-appelstukke met die bruinsouspoeier en skep dit terug by die tjops.
Eet dit warm..