
Geelrys met Rosyntjies
Getoets en Foto : Wilna Nissen
(Lekker saam met bobotie)
Bestanddele:
250 ml rys
5 ml sout
5 ml borrie
1 stuk pypkaneel
37,5 ml suiker
125 ml pitlose rosyntjies
15 ml botter
Metode:
Plaas die rys, sout, borrie, pypkaneel en suiker in ´n pot en bedek met water
Kook oor matige hitte tot die rys sag is, dreineer
Plaas die rys saam met die rosyne in ´n vergietes en stoom 45 minute oor kookende water
Voeg die botter by en meng met ´n vurk.