Geelperkse Konfyt
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
2.5kg geelperskes750ml water7x250ml suiker5ml wynsteensuur
Metode:
Ontpit en skil die perskes.
Snipper dit.
Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by.
Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is.
Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Stel die plaat op en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk.
Toets of stolpunt bereik is.
Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.
