
Gebakte Varkribbetjies
Getoets en Foto: Malinda Mortje
Ribbetjies:
2 kg varkrip (ongeveer)
3 groterige uie
250ml (1k) water
2 lourieblare
10ml (1t) sout
1ml (¼t) peper
Braaisous:
250ml (1k) tamatiesous
1 Blikkie (70g) tamatiepasta
125ml (½k) blatjan
125ml ((½k) asyn
50ml (3e) suurlemoensap
50ml (3e) Worcestersous
100g ((½k) sagte bruinsuiker
15ml mosterdpoeier
Metode:
Sny of saag die varkrib in porsies.
Skil en kap die uie en voeg dit saam die water, lourieblare, sout en peper by ribbetjies.
Kook dit net todat die vleis begin sag word.
Verhit die oond tot 180°C.
Plaas die ribbetjies langs mekaar in n oondpan.
Voeg al die braaisous bestanddele by die vleis-en-uie sous in die kastrol en kook dit vir n paar minute lank.
Skep die mengsel op die ribbetjies.
Bak die ribbetjies ongeveer 45 minute lank onbedek, maar draai dit elke kwartier om en skep van die braaisous oor.