
Gebakte Groente met Room en Kaas
Getoets en Foto:(Wilna Nissan)
Bestandele:
Opgekapte groente van jou keuse
(baba-aartappeltjies, wortels, uie, groen- rooi- en geelrissies, murgpampoentjies, sampioene, botterskorsie, blomkool, broccoli, sampioene)
1 houertjie room
Gerasperde kaas
Sout, peper en kruie / speserye na smaak
Metode:
Pak die groente in ’n oondpan.
Besprinkel met olyfolie en geur met sout, peper en kruie / speserye.
Gooi die houertjie room en gerasperde kaas oor.
Bak by 180 ºC tot gaar.