Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Falafels

    (Bron en foto: Huisgenoot)

     ’n lekker peuselhappie vir vegetariërs. Vou dit in ’n tortilla toe saam met slaaiblare vir middagete.

     

    LEWER 10-12 FALAFELS
     

    250 ml (1 k) geblikte keker-ertjies
    1 ui, in blokkies gesny
    2 knoffelhuisies
    5 ml (1 t) komyn
    5 ml (1 t) fyn koljander
    1 ml (¼ t) brandrissievlokkies
    5 ml (1 t) bakpoeier
    60 ml (¼ k) meel
    ’n hand vol pietersielie, gekap
    ’n hand vol koljander, gekap
    olie vir diepbraai

    • Plaas die keker-ertjies en ui in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die knoffel, komyn, koljander en brandrissievlokkies by. Verwerk tot glad.

    • Voeg die bakpoeier en meel by die mengsel en verwerk tot die deeg ’n klein bal vorm. Die deeg moenie klewerig wees nie. Voeg nog ’n bietjie meel by indien nodig.

    • Voeg die pietersielie en koljander by en meng. Rol die deeg in ’n bal, bedek en laat 1 uur verkoel.

    • Vorm die deeg in balletjies. Verhit die olie in ’n diep pot en diepbraai die falafelballe tot bruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor.