
Falafel
Getoets en Foto: Wilna Nissan
Falafel is ‘n midde oosterse gereg wat as ‘n deel van ‘n groter ete kan bedien word of as ‘n vesnapering. Die tekstuur is effens droog en grof, maar heerlik as dit effens “warm” is. Die gereg is ryk aan proteiene omdat dit van kekererties gemaak word en dus maak dit nie vet nie.
Gewoonlik word dit gemaak van Kekerertjies en of van Flavabone. Meer gereeld net kekerertjies.
Dit word bedien met Tahina sous of gewone ongegeurde Yogurt.
Bestanddele:
2 koppies gedroogde Kekerertjies ongekook
olie vir diep braai.
een medium gekapte ui
1.5 teelepel kumin
4 knoffelhuisies
¼ koppie fyngekapte petersilie
1 teelepel Koljander poeier
¼ teelepel peper
¼ teelepel rooipeper
sout soos nodig
1.5 tot 2 eetlepels koekmeel.
Metode:
Week die kekerertjies oornag in water, was en dreineer.
Proseseer alles saam, Kekerertjies, uie, knoffel, pietersilie, koljander, peper sout, swart en rooipeper saam met koekmeel tot fyn soos maalvleis.
Koel af in yskas vir ‘n uur of twee.
Vorm balletjies so groot soos gholfballe en druk effens plat. Sien foto..
Diep braai tot goudbruin.
As die eerste balletjies op breek, voeg nog bietjie meel by.
Dreineer olie af op ‘n papier servet.
Bedien as ‘n snack of as ‘n vulsel vir ‘n pita broodjie saam met jou gunsteling sous, in die midde ooste is dit Tahina wat soos ‘n loperige grondboontjie botter is, gemaak van sesamesaad of sommiges verkies yogurt.