Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Ertjie-pesto hoender Kiëf
    (Bron en Foto:Huisgenoot
    Lewer 8 – 10
    Bereiding: 15 min.
    Gaarmaak: 8 min.
    PESTO
    300g bevrore ertjies, ontvries
    70g pecorinokaas, gerasper
    ’n hand vol basilieblare
    60 ml (¼ k) suurroom
    45 ml (3 e) olyfolie
    sout en peper
    HOENDER KIËF
    4 hoenderborsies
    sout en peper
    1 ui, gekap
    500 ml (2 k) meel, gesif
    2 eiers
    250 ml (1 k) broodkrummels
    olie vir braai
    Metode:
    1.Begin deur al die pestobestanddele in ’n voedselverwerker te sit en te verwerk tot glad. Die mengsel moet die dikte van vla hê. Sit dit in die koelkas.
    2.Plaas die hoender, sout, peper en ui in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Werk met nat hande en skep ’n groot eetlepel vol van die hoendermengsel in die palm van jou hand en druk dit sagkens ’n bietjie plat.
    3.Skep nou ’n plat teelepel vol van die pestomengsel in die middel van die platgedrukte hoendermengsel. Krul jou hand sagkens toe om die pestomengsel in die hoendermengsel te omhul terwyl soveel lug moontlik by die kant uit laat ontsnap. Maak die bokant glad om te verseël. Herhaal met al die hoendermengsel.
    4.Pak die meel, eier en broodkrummels in hierdie volgorde in ’n ry. Bedek elke Kiëf om die beurt (eers met meel, dan eier, dan broodkrummels) en pak die bedekte Kiëf op ’n bord.
    5.Voorverhit die olie in ’n middelslag-pot. Wanneer die olie reg is, braai die Kiëf 8 min. tot dit mooi goudbruin is terwyl jy dit tydens die gaarmaaktyd omdraai.
    6.Haal die Kiëf uit en dreineer dit op kombuispapier. Sit voor met ’n skeut suurlemoen, ’n bietjie sout en ekstra pesto om dit in te doop.