
Dadelbrood- Wilna
Getoets en Foto:Wilna Nissen
Ek bak altyd die resep.
Bestanddele:
2 koppie koekmeel
1 koppie kookwater
1 ½ koppie fyngesnyde dadels
2 teelepels koeksoda
½ koppie fyngesnyde kersies
1 eier
1 koppie suiker
1 teelepel vanielje geursel
¼ teelepel sout
1 eetlepel botter
Metode:
Sit dadels in bak en strooi die koeksoda oor.
Bedek met kookwater en laat afkoel.
Room botter en suiker en voeg eier by.
Sif droë bestanddele in en meng.
Roer nou die dadelmengsel, kersies en vanielje geursel by.
Bak 1 uur lank by 180°C.