
Cordon Bleu Hoender
Getoets en Foto: Hester Boshoff
Bestanddele:
8 Hoender filette (borsies)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
8 Snye kaas van jou keuse
8 Snye ham of pastrami
125ml (½ k) Koekmeelblom
2 Ekstra groot eiers
200 ml (¾ k) Droë broodkrummels
Kookolie vir braai
Metode:
Gebruik sterk bakpapier en bedek die hoender stukke.
Kap dit effens dunner sodat die hoender amper so dun soos ’n schnitzel is. Besprinkel met sout en peper.
Sny die fillets in die helfte, maar nie regdeur nie, want jy moet dit kan toevou.
Plaas ’n sny kaas en ham op die een kant van elke filet.
Vou dit toe oor die kaas en ham en maak die opening toe met ’n tandestokkie.
Rol elke filet goed in die meel. Gebruik ’n tang en dompel dit in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels. Sorg dat dit goed bedek is.
Plaas in die yskas vir omtrent 30 minute. Dit keer dat die krummels maklik afval wanneer dit gebraai word.
Verhit olie in ’n mediumgrootte swaarboompan of enige pan en braai die hoender vir ’n paar minute aan elke kant totdat die hoender gaar en goudbruin is.