
Chutney-Mayonaise Hoender Gereg.
Getoets en Foto: Adri Steenkamp
Bestanddele:
8 stukkies skoongemaakte hoender porsies.
Ek gebruik aromat en hoender speserye om dit te spice.
Vir die Sous:
1 koppie chutney,
1 koppie mayonaise,
1 pak bruin uiesop,
Metode:
Meng als saam,gooi n halwe koppie water in die sous.
Meng goed jy kan n klein bietjie meer water byvoeg.
Gooi sous oor die gespeseryde hoender.
Maak toe met foelie en bak op 180° grade vir 45 min.
Haal foelie af en bak tot mooi bruin.
Sous is heerlik saam met rys, mens kan varktjops ook gebruik,
Bedien met slaaitjie..
Is heerlik..