Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Chorizo poffertjies
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    LEWER SOWAT 20 POFFERTJIES
    Bereiding: 20 min.
    Gaarmaaktyd: 15-20 min.


    Bestandele:
    200 g chorizo, fyn gekap
    ½groen soetrissie, in klein blokkies gesny
    60 ml (¼ k) fyn gekapte stingeluie
    3 knoffelhuisies, fyn gedruk
    60 ml (¼ k) olie
    250 ml (1 k)
    bruismeel
    80 ml (¹⁄₃ k)
    mieliemeel
    3 ekstragroot eiers, geskei
    180 ml (¾ k) bier
    250 ml (1 k) gekapte pietersielie
    125 ml (½ k) gerasperde sterk cheddarkaas
    olie vir diepvetbraai


    Metode:
    Braai die wors, soetrissie, stingeluie en knoffel in die verhitte olie tot sag.
    Meng die bruismeel en mieliemeel.
    Klits die eiergele en bier saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot glad en laat 30 minute staan.
    Meng die worsmengsel, pietersielie en kaas by die meelmengsel in.
    Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
    Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en skep ’n paar lepels van die beslag lepel vir lepel in die warm olie. Braai tot bruin en gaar binne. Herhaal met die res van die mengsel.
    Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.