Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Cherry Karringmelk Beskuit

    Getoets en Foto Wilna Nissen

     

    Bestanddele:

    1 kg bruismeel (of 1 kg meel en

    30ml bakpoeier)

    10 ml (2 t) bakpoeier

    10 ml (2 t) sout

    500 g margarien

    1 blik (385 g) kondensmelk

    125 ml (½ k) bruinsuiker

    500 ml (2 k) karringmelk/amasi

    100 g rooi kersies, gekap (ek het helfte groen helfte rooi kersies ingegooi)

    100 g pekanneute, gekap

     

    Metode:

    Verhit die oond tot 190 ° C.

    Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met margarien of spuit met kossproei.

    Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf die margarien in.

    Meng die kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk. Meng die droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel. Voeg die kersies en neute en druk die mengsel in die voorbereide pan.

    Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.

    Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel.

    Droë oornag in die oond by 100 ° C