
Butternut Sop..
Getoets en Foto: Michelle Pholl
Bestanddele:
1 Uie
1 teelepel matige kerriepoeier
1/2 teelepel neut muskaat
3 eetlepels suiker
500 ml hoender of groente aftreksel
50g botter
1 en 1/2 koppie room
Sout en peper
60ml meel
Metode:
Kerf 1 klein uie op.
Braai in bietjie botter.
Ek het 'n groot butternut opgesny in klein blokkies en so bietjie saam met die uie gebraai.
Gooi nou 1 teelepel matige kerriepoeier in en
1/2 teelepel neut muskaat en
3 eetlepels suiker en
dan gooi jy so 500 ml hoender
of groente aftreksel by en kook tot butternut sag is.
Terwyl dit kook smelt 50g botter in 'n kastrol en gooi 60ml meel by.
Gooi nou 1 en 1/2 koppie room by en klits tot glad en dik, gooi sout en peper by.
Gooi nou die butternut mengsel in jou voedsel verwerker en blits tot glad.
Gooi terug in kastrol en meng nou die roomsous deur.
Dien dadelik op.