Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Bros platbrode met speseryagtige lamsvleis
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    Verras almal aan die etenstafel met hierdie heerlike lamsvleis en platbrood.
    Genoeg vir 4 tot 6
    Rystyd: 1 uur
    Bereiding: 15 min.
    Gaarmaak: 1 uur
    Platbrode
    500 ml (2 k) louwarm water
    10 g droë gis
    5 ml (1 t) suiker
    2,5 ml (½ t) sout
    30 ml (2 e) olyfolie
    1 liter (4 k) meel, gesif
    50 g botter, gesmelt
    SPESERYAGTIGE LAMSVLEIS
    500 g lamstjops, in blokkies gesny
    1 ui, in dun skywe gesny
    30 ml (2 e) olyfolie
    sout en peper
    30 ml (2 e) tikka-pasta
    400 g gekapte tamaties
    50 g babaspinasie

    Metode:
    Voorverhit die oond tot 180 °C.
    1.Plaas die water, gis, suiker, sout, olyfolie, meel en botter in ’n groot mengbak en meng tot ’n klewerige deeg vorm.
    2.Keer uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot sag en nie aan die oppervlak vassit nie. Plaas in ’n bak, bedek en laat rys 1 uur of tot dubbel die grootte.
    3.Vorm die deeg in 50 g-balle, rol elke bal uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en bak 10 min. of tot goudkleurig en bros.
    4.Speseryagtige lamsvleis Verbruin die lamsvleis en ui in ’n groot pan in die olie terwyl jy dikwels roer. Geur effens, verminder die hitte en roer die tikka-pasta in tot goed bedek.
    5.Voeg die tamaties by en laat prut onbedek terwyl jy af en toe roer 1 uur of tot die lamsvleis sag is en die sous goed verminder het. Geur met sout en peper.
    6.Skakel die plaat af en roer die babaspinasie in. Sit die warm lamsvleis saam met die bros brode voor